Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: "Pay-back time" -Reply
Re: "Pay-back time" -Reply [boodskap #6081] Di, 26 Maart 1996 00:00
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hendrik en Gerhard verwys na Italië se regering wat so dikwels
verander, maar geen groot opskuddings veroorsaak nie. My gunsteling is
nog steeds Switserland, waar die meeste Switsers nie eens weet wie die
Staatspresident is nie. Hulle gee eenvoudig nie veel om nie, aangesien
hy bloot die voorsitter van 'n uitvoerende komitee is, wat buitendien
elke twee jaar vervang word - 'n grondwetlike bepaling. Aangesien die
vernaamste politieke besluite op kantonale- en gemeenskapsvlak gemaak
word, is die politici in die sentrale regering se doen en late van min
belang vir die deursnee Switser. As hulle 'n bietjie te magsbehep raak,
soos politici geneig is om te doen - Switserse politici synde geen
uitsondering nie - word hulle gou deur 'n referendum of inisiatief in
die bek geruk.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Netherlands
Volgende onderwerp: Vrede Uit OZ
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:08:36 MGT 2024